Duration 49:38

2) Hemelse Verlange (Volledige Erediens) Gen 50 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

595 watched
0
27
Published 6 Nov 2023

1Volledige erediens met Psalmsang en begelyding op ons YouTube kanaal, WoordeuitsyWoning. Na aanleiding van versoeke en die nood in kleiner gemeentes het ons besluit om volledige eredienste beskikbaar te stel DV elke Maandag, sodat die gemeentes wat daartoe 'n behoefte het, dit vroegtydig kan aflaai. As u kennisgewings wil ontvang van elke nuwe volledige erediensvideo wat beskikbaar is, kontak ons by +27 083-650-2186. Indien u weet van gemeentes of mense ver van 'n kerk wat graag die volledige eredienste wil ontvang, gee hulle asb ons kontakbesonderhede. Hierdie volledige eredienste word tans nie andersins versprei nie. Bron: Lees Gen 49:29 - 50:14; 22-26; Heb 11:1-2;8-16 Teks: Heb 11: 13,14 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek. Tema: die Hemelse verlange Psalms: 48:1; 48:4,5; 73:9,10; 73:11,12; 72:9,10,11. Agtergrond tot preek: Wat maak dat die mens begin om te glo? Wat is dit wat die Heilige Gees in ons wakker maak om te begin om te glo? Is dit ons vrees vir die hel ? Of is dit ons verlange na die hemel? Die Bybel beskryf beide vir ons: Hemel en hel ... beide word voorafgegaan deur die oordeel voor die groot wit troon. Vir die duiwel se kinders is hierdie oordeel ontsettend en skrikwekkend, (so sê die Nederlands geloofsbelydenis). Die helse lewe is ‘n lewe van onsterflikheid ... onsterflikheid slegs om gepynig te word in die ewige vuur. Die helse lewe is ‘n ewige lewe, maar ‘n ewige lewe sonder God. Dis ‘n ewige lewe saam met die duiwel en sy engele. Daar was al baie predikers deur die eeue wat die mens wou skok ... die hemel in wou skok .... deur aan hulle toehoorders die angste van die hel voor te hou. Die brief aan die Hebreërs, een van die oudste volledige preke wat vir ons behoue gebly het ... volg merendeels ‘n ander metode. Hierdie prediker wek in sy lesers twee dinge op: die een is ‘n liefde vir Jesus Christus, die ander is ‘n verlange na die hemelse heerlikheid. 1) Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers 2) Sang, Psalmteks en Orrelbegeleiding: GK Krugersdorp (met dank) 3) Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/ Kontakbesonderhede: Webblad: woordeuitsywoning.com Gustav: +845034886 eposadres: gustavopperman@gmail.com Ina: +836502186 eposadres: reformeer@gmail.com Woorde uit sy Woning bedien Afrikaans sprekendes wêreldwyd met preke, Bybelstudies, inspirerende weekstukkies en geskiedenis videos. Daarmee wil ons troos, bemoedig, waarsku en leer. Gustav en Ina Opperman het jare lange ondervinding in die televisiebedryf en was ook die pastoriepaar in verskeie gereformeerde gemeentes. Ds Gustav het ge-emeriteer en hy en Ina is voltyds besig met hulle roeping om die evangelie dwarsoor die wêreld te versprei. Hulle ateljee is in die omgewing van Hartbeespoort, Pretoria. Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer. Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak: Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Dit werk steurend in op die aard van ons video's. Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons kry ook geen aandeel in die vergoeding. Indien u ‘n bydrae wil maak spesifiek tot die reeks: Onse Kategismus vir Kinders: Woorde uit sy Woning Pty Ltd FNB Business Account Tjekrekening Rekeningnommer: 62874370952 Bankkode: 260346 Swift kode: FIRNZAJJ Dankie dat u belang stel om ‘n bydrae te maak tot die verwesenliking van ons projek: Onse Kategismus vir Kinders. Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.

Category People & Blogs

Show more

Comments - 2